Oor ons
Vuurtjie is gebore uit 'n gedeelde passie vir vuurmaak en braai. Vuurtjie is gestig deur twee lewenslange vriende, Cornel Rautenbach en Jacobus Venter, en het in Maart 2024 amptelik die lig gesien.
Ons is in Pretoria gevestig en daaraan toegewy om hoëkwaliteit produkte te lewer. Ons glo daarin om mense om die vuur bymekaar te bring, herinneringe te skep en lekker kos te geniet.
Of jy nou op soek is na jou volgende braai-gadget of die ideale geskenk vir 'n pêl of jou man, Vuurtjie het jou gedek.