
Klein lyfies, groot braai-vibes 🔥 want elke braai-legende het ’n klein sidekick nodig. Die Vlammetjie kinder t-hemp is gemaak vir die volgende geslag vuurmakers, vleisproeërs en professionele kuier-kinders. Met ’n klassieke pasvorm, ronde hals en duursame 180gm 100% katoen, is dit gemaklik genoeg om in rond te hardloop en koel genoeg om saam met Pappa langs die vuur te kuier. Die perfekte pasmaat vir Pappa se Vuurtjie t-hemp of langmou top – en ’n maklike wenner vir Vadersdag, Kersfees of enige verskoning om vir Pappa en sy klein Vlammetjie in ooreenstemmende aksiepakkies aan te trek. 🔥 180gm 100% katoen 🔥 Klassieke pasvorm 🔥 Ronde hals 🔥 Unisex kinder-styl Steek die vuur aan. Kry jou maats (en mini's) bymekaar. Bring die Vuurtjie vibe.