
Wat is 'n vuur sonder 'n vonkie? Ons het nie vergeet van die kleinste – maar belangrikste – lid van die familie nie... Ons Vonkie aksiepakkies word van 100% katoen gemaak – sag, asemhaalbaar en perfek vir alledaagse avonture en cuddles. Met sy klassieke swart ontwerp en Vonkie logo bring dié oulike uitrusting ’n knippie Suid-Afrikaanse braaigees na selfs die kleinste lid van die gesin. 🔥 100% katoen vir sagte, asemhaalbare gemak 🔥 Lang moue vir ekstra beskerming 🔥 "Snap-buttons" om doekruil vinnig en maklik te maak 🔥 Perfek vir alledaagse avonture of 'n oulike geskenk vir ’n baba-braaibuddy Dis mos nou 'n vibe!